Title: Boesman-Stories, Deel 4. Gemengde Vertellings, mees van 'n Awontuurlike Aard
Author: G. R. Von Wielligh
Illustrator: H. A. Aschenborn
Release date: March 2, 2021 [eBook #64676]
Most recently updated: October 18, 2024
Language: Afrikaans
Credits: Jeroen Hellingman and the Online Distributed Proofreading Team at https://www.pgdp.net/ for Project Gutenberg (This file was produced from images generously made available by The Internet Archive)
Boesman-Stories.
| No. | Bladsy. | |||||||
| ’n Paar Woorde vooraf | i–iii | |||||||
| 76. | ’n Onverwagte ontmoeting | 1 | ||||||
| 77. | Onwetend sondig, en wat daarop volg | 9 | ||||||
| 78. | As ’n Boesman weer wild word | 15 | ||||||
| 79. | Op ’n Skiettog, en wat daar te sien was | 23 | ||||||
| 80. | Nog meer oor die Skiettog | 31 | ||||||
| 81. | ’n Kommando teen Boesmans | 37 | ||||||
| 82. | Hoe daardie Veldtog geëindig het | 43 | ||||||
| 83. | Die Wraak van ’n Boesman | 51 | ||||||
| 84. | Boesmans by Chrissiesmeer | 61 | ||||||
| 85. | Kalmte in gevaar is die beste Raadsman | 67 | ||||||
| 86. | Veg Boesmans ook onder mekaar? | 75 | ||||||
| 87. | Die verkeerde Volstruis | 81 | ||||||
| 88. | Staan tot die Dood toe | 93 | ||||||
| 89. | Vryheid—die grootste Ideaal | 101 | ||||||
| 90. | Liewers Sterwe as Oorgee | 111 | ||||||
| 91. | Die Wreedheid van Boesmans | 119 | ||||||
| 92. | Boesmans in die Breekwater | 127 | ||||||
| 93. | Uit die Breekwater huis-toe | 133 | ||||||
| 94. | ’n Boesman-Weeskind | 139 | ||||||
| 95. | Die Krag van Bygeloof | 149 | ||||||
| 96. | Nog meer oor Bygeloof | 157 | ||||||
| 97. | ’n Boesman se Opvoeding | 163 | ||||||
| 98. | Hoe ’n Tier baas gespeel het | 171 | ||||||
| 99. | Twee verwante Stories | 181 | ||||||
| 100. | Uit die bek van ’n Krokodil ontsnap | 187 | ||||||
[I]
Met Boesman-Stories het ons eers die leser ’n kykie in die hart en gemoed van die Boesman laat werp. Hierdeur het ons kennis gemaak met sy manier van dink, wat sy begrip van lewe is, en ook in hoever hy hom in afgetrokke denkbeelde kan verdiep. Toe het ons nader na sy aandvuurtjie gestap, om na sy stories, die vrug van sy skeppingskrag, te luister. Daarna het ons getrag om hom voor te stel soos hy deur die bril van die beskawing gadegeslaan word. En nou in Deel IV bring ons hom op die toneel om te toon watter rol hy in die hedendaagse beskawing speel. Ons kry hier met die voorhistoriese mens te doen.
Sou vandag in Europa ’n klompie van die ou geslag uit die steentydperk verskyn, let dan op watter ophef oor hulle sal gemaak word. Geleerdes van alle kante sal toestroom om kennis met die voorgeslag te maak. Hulle sal praatmasjiene meebring om die taal op plate te bewaar. Hulle sal hard probeer om die taal te leer, en hulle sal dié soort mense meer vrae stel as wat hul kan beantwoord.
Wel, hier in Suid-Afrika het ons onder ons vandag nog ’n menseras uit die steenperiode, en min aandag word aan hulle deur die geleerde wêreld bestee. Ja, eendag sal die nageslag ons, die teenswoordige geslag, vir hierdie nalatigheid met reg grootliks blameer. Ons persoonlik het daarna [II]gestreef om materiaal byeen te bring om die Boesman in elke opsig van sy maatskaplike bestaan voor te stel. Ons het getrag aangrypende voorbeelde uit sy lewe te verskaf om kennis te maak met sy manier van dink, redeneer, ook sy doen en late, en om ’n idee te kry van watter nut of onnut hy in die hedendaagse maatskappy is. Met ander woorde, ons het gepoog die teenswoordige en toekomstige leser in aanraking te bring met die Boesman wat leef—al is hy reeds lankal gestorwe. Deur sy geskiedenis, sy kuns en sy taal te bestudeer, kry ons slegs ’n lewenslose portret van hom; maar om na sy vertellings te luister, sit ons in sy geselskap, en ons ore drink ieder woord van sy lippe op—al is daardie lippe reeds vir eeue tot stof vervorm. In ons verbeelding sien ons ’n lewendige wese op wie se aangesig noodlot sy stempel van plesier en onbesorgdheid diep afgedruk het.
Die geskiedenis is slegs ’n koue standbeeld wat ons kom vertel dat daar êrens so ’n nasie gelewe het, dat Afrika uit die pad van Europa en Asië gelê het; en weens sy woestyne was Afrika nooit die Nabothswyngaard van hebsugtige nasies nie. Om hierdie rede was die Boesman vry om na eie goeddunke te handel en te wandel. Hy is nooit oorwin geword nie, maar wel stelselmatig verdrywe en uitgeroei. Die geskiedenis vind hierdeur ’n verklaring van hoe ’n ou geslag uit die steentydperk deur al die eeue onveranderd, onbeskaaf, sonder ’n steek verder te ontwikkel as wat hulle stamvaders vir duisende jare terug was, gebly het, terwyl in die geval van ander volkere die monumente van die beskawing van die gryse verlede verkrummel het en die son van die Verligte Eeue reeds vir ’n lang tydvak hoog aan ons [III]hemel skitter. Hoe belangwekkend dit alles is om te weet, ons het slegs ’n koue standbeeld van hierdie dwergras voor ons, terwyl aan die ander kant hulle volksvertellings ons met ’n lewendige ras in aanraking bring.
Wel, wat Boesman-Stories vir die teenswoordige betref, word hul deur die gros van ons lesers bejeën as bloot vermaak vir kinders. Dat dit so mag wees! Dan is ons oor hierdie feit baie voldaan, omdat dit ons die versekering gee dat ons meehelp om aan ons opgroeiende geslag genotvolle uurtjies te verskaf. Daarom het ons eenvoudige taal gekies. Maar daar sal gewis ’n tyd aanbreek dat nie alleen kinders nie, maar meer as kinders hulle ore sal hou teen die blaaie van Boesman-Stories om te luister na sprokies en vertellings asof die woorde direk en duidelik afkomstig is van die oorspronklike lippe wat hul vertel het.
Die Skrywer.
Kafferstad, Hendrina, Tvl.,
24 Oktober 1919.
[IV]
Stories No. 1 tot No. 25 is in Deel I gepubliseer; No. 26 tot No. 50 in Deel II; No. 51 tot No. 75 in Deel III; en No. 76 tot No. 100 word in hierdie Deel gepubliseer. [3]