1 Die kamer van Hoorn en Enkhuizen, of van die Noorder-kwartier, een van die ses kamers waaruit die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie bestaan het. ↑
2 De Vlieter, ’n vaarwater in die Suidersee, tussen die twee sandplate Lutjeswaard en Het Breezand. ↑
5 D.i. skepe wat gevaar het op die kus van Guinea (waar die Hollandse Wes-Indiese Kompanjie toe verskeie handelsposte besit het), op die kus van Suriname, ’n deel van die Guyana-gebied (wat eweneens behoor het aan die Wes-Indiese Kompanjie, sedert 1667) en op Lissabon. ↑
11 Met saamgevoude of opgerolde seile en skuinsgesitte dwarsmaste vaar, met die doel om aan die wind nie so veel vat op die tuig te gee nie. ↑
16 Abrolhos, rots- en sandbanke op die kus van Brasilië tussen Bahia en Rio de Janeiro. Portugees abrolhos beteken „dorings,” „voetangels,” „gevaarlike plek.” Die riwwe het groot gevaar vir die seevaart opgelewer, en die volksetimologie het in die Portugese woord die betekenis gelê van „maak oop die oë” (abre olhos), „pas op.” ↑
21 Reen = meervoud van „ree” of „ra” (sien bls. 57). Volgens ’n mededeling van dr. J. M. L. Franken was dit ’n gewoonte om, as daar ’n seegeveg op bande was, die ra’s [140]of seilhoute met kettings aan die maste te laat vasmaak, daar anders die toue miskien kon weggeskiet word en die seile daardeur op die dek val. Die Ordre voor de Schepen van Oorlogh wat ons vind in Nic. Witsen, Aloude en hedendaegsche Scheepsbouw en Bestier (Commelijn, Amsterdam, 1671), bls. 386, noem ook op, onder die voorbereidende maatreëls wat moet geneem word in geval van ’n seeslag: „Alle de raes met kettings te vangen.” ↑
22 Holland was toe in oorlog met Frankryk (die oorlog van die Augburgse Liega, 1688–97), en ’n aanval deur ’n Franse kaper was dus gedurig te vrees. ↑
25 Die groot ra = die ra aan die groot mas of middelmas. Die fokkera = die ra van die onderste seil aan die voormas. ↑
28 ’n Seil aan die voorstewe, wat meestal onder aan die boegspriet (skuinsliggende kort voormas) vasgemaak was. ↑
29 In die Uitgaande Brieven, 14 April 1694 (Kaapse argief, No. 757), word hy „Jacobs Lope” genoem. ↑
32 Vermoedelik dieselfde persoon as die „varsebalie,” ’n matroos wat daarvoor moes sôre dat die kos en veral die soetwater vars bly of weer vars gemaak word. ↑
34 In die verklaring van L. Thijsz. wat voorkom in die Uitgaande Brieven (Kaapse argief, No. 757, 14 April 1694) word vermeld dat hulle vir Philip Warlo agtergelaat het „kruijpende hem de wormen uijt sijn benen.” ↑
38 Let op die vorm „vogel-struyssen” en nie „struys-vogels” nie. Sien ook hierbo (bls. 141) „bottel” in plaas van „fles”. ↑
43 Daar is nie ’n rivier nie, maar vermoedelik het L. Thijsz. die nou geul van die Saldanhabaai teenoor die Kompanjie-pos vir die mond van ’n rivier geneem. ↑
49 Die Dageraet was toentertyd die slaweskip van die Kaap. Die Amy was ’n klein Engelse rowerskippie wat die Kaapse regering ’n tyd gelede (Mei 1693) buitgemaak het in die Saldanha-baai. ↑
50 Waarskynlik die anker los kap. Ons tref hierdie uitdrukking in geen enkele woordeboek of vakkundige werk aan nie. Ons meen, egter, lins of luns (Afr. luns of steker, vgl. ook lunsriem) te moet vereenselwig met die sogenaamde „karveelnagel”, houtpen in die dwarsbalk van die beting (d.w.s. die toestel wat dien om die anker aan vas te lê). Die tou word om die „karveelnagel” geslaan, sodat hy nie kan afglip nie. Vgl. in hierdie selfde betekenis die Eng. seemansterm „linch-pin”. ↑
55 Ses glase, of ses sandlopers, waarvan die uitloop ’n halfuur elk geduur het. Dit beteken dus om drie-uur snags. ↑