1 Die kamer van Hoorn en Enkhuizen, of van die Noorder-kwartier, een van die ses kamers waaruit die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie bestaan het. 

2 De Vlieter, ’n vaarwater in die Suidersee, tussen die twee sandplate Lutjeswaard en Het Breezand. 

3 Beide is hawens aan die Noordwestelike punt van Noord-Holland, reg teenoor die eiland Texel. 

4 Gajoot, of galjoot = ’n ondiepe seeskip met plat bodem, deels oorlogskip en deels vragskip. 

5 D.i. skepe wat gevaar het op die kus van Guinea (waar die Hollandse Wes-Indiese Kompanjie toe verskeie handelsposte besit het), op die kus van Suriname, ’n deel van die Guyana-gebied (wat eweneens behoor het aan die Wes-Indiese Kompanjie, sedert 1667) en op Lissabon. 

6 D.i. hulle vaar as een vloot. 

7 ’n Lang tou wat dien om die uitwerp of ophaal van die anker te reguleer. 

8 Die twede seil van onder aan gereken. 

9 Die see-engte tussen die noordkus van Noord-Holland en die eiland Texel. 

10 Die vlote van die O.I.K. het altyd rondom die noordkus van Skotland geseil. 

11 Met saamgevoude of opgerolde seile en skuinsgesitte dwarsmaste vaar, met die doel om aan die wind nie so veel vat op die tuig te gee nie. 

12 ’n Windjie wat die bakstag, d.i. die dik toue aan die voorkant van die skip, styf doen staan. 

13 Fair Isle, tussen die Orkney- en die Shetland-eilande. 

14 Rockall-eiland, noordwes van die Hebriede. 

15 Santiago, een van die Kaap-Verdiese eilande. 

16 Abrolhos, rots- en sandbanke op die kus van Brasilië tussen Bahia en Rio de Janeiro. Portugees abrolhos beteken „dorings,” „voetangels,” „gevaarlike plek.” Die riwwe het groot gevaar vir die seevaart opgelewer, en die volksetimologie het in die Portugese woord die betekenis gelê van „maak oop die oë” (abre olhos), „pas op.” 

17 Travaat = plotselinge windvlaag met swaar reent, uit Port. travado

18 Dwarsbalk aan die agterste mas. 

19 Dwarsbalk aan die middelmas. 

20 Sien hierbo, bls. 125. 

21 Reen = meervoud van „ree” of „ra” (sien bls. 57). Volgens ’n mededeling van dr. J. M. L. Franken was dit ’n gewoonte om, as daar ’n seegeveg op bande was, die ra’s [140]of seilhoute met kettings aan die maste te laat vasmaak, daar anders die toue miskien kon weggeskiet word en die seile daardeur op die dek val. Die Ordre voor de Schepen van Oorlogh wat ons vind in Nic. Witsen, Aloude en hedendaegsche Scheepsbouw en Bestier (Commelijn, Amsterdam, 1671), bls. 386, noem ook op, onder die voorbereidende maatreëls wat moet geneem word in geval van ’n seeslag: „Alle de raes met kettings te vangen.” 

22 Holland was toe in oorlog met Frankryk (die oorlog van die Augburgse Liega, 1688–97), en ’n aanval deur ’n Franse kaper was dus gedurig te vrees. 

23 Sien hierbo, bls. 134, aant. 4. 

24 Dat julle die rigting van die see neem, van die kus af. 

25 Die groot ra = die ra aan die groot mas of middelmas. Die fokkera = die ra van die onderste seil aan die voormas. 

26 Die twede seil aan die voormas. 

27 Oprol en met sogenaamde beslaglyne aan die ra vasbind. 

28 ’n Seil aan die voorstewe, wat meestal onder aan die boegspriet (skuinsliggende kort voormas) vasgemaak was. 

29 In die Uitgaande Brieven, 14 April 1694 (Kaapse argief, No. 757), word hy „Jacobs Lope” genoem. 

30 Schieman, ’n onder-offisier wat die toesig het op die seil- en touwerk van die voorskip. 

31 Die assistent van die prowiandmeester. 

32 Vermoedelik dieselfde persoon as die „varsebalie,” ’n matroos wat daarvoor moes sôre dat die kos en veral die soetwater vars bly of weer vars gemaak word. 

33 Twee en ’n half uur. 

34 In die verklaring van L. Thijsz. wat voorkom in die Uitgaande Brieven (Kaapse argief, No. 757, 14 April 1694) word vermeld dat hulle vir Philip Warlo agtergelaat het „kruijpende hem de wormen uijt sijn benen.” 

35 Afskorting agter in die skuit, waar een en ander kan gebêre word. 

36 Klein ankertjies met vier of vyf arms en sonder ankerstok. 

37 Kersbosbessies? 

38 Let op die vorm „vogel-struyssen” en nie „struys-vogels” nie. Sien ook hierbo (bls. 141) „bottel” in plaas van „fles”. 

39 Hollands, Hollander. ↑ a b

40 Dit was ’n klein kraaltjie van ag hutte (sien Uitgaande Brieven, 14 April 1694). 

41 Finkelwortels? 

42 Namakwas? Hulle het baarde gehad, maar nie lang baarde nie. 

43 Daar is nie ’n rivier nie, maar vermoedelik het L. Thijsz. die nou geul van die Saldanhabaai teenoor die Kompanjie-pos vir die mond van ’n rivier geneem. 

44 Die Dageraet

45 Hanebolten, of lisdodden, ’n soort van Typha—ons Afrikaanse papkuil. 

46 Wapens. 

47 Kralen—van Port. corrál of currál

48 Dun, droë takkies. 

49 Die Dageraet was toentertyd die slaweskip van die Kaap. Die Amy was ’n klein Engelse rowerskippie wat die Kaapse regering ’n tyd gelede (Mei 1693) buitgemaak het in die Saldanha-baai. 

50 Waarskynlik die anker los kap. Ons tref hierdie uitdrukking in geen enkele woordeboek of vakkundige werk aan nie. Ons meen, egter, lins of luns (Afr. luns of steker, vgl. ook lunsriem) te moet vereenselwig met die sogenaamde „karveelnagel”, houtpen in die dwarsbalk van die beting (d.w.s. die toestel wat dien om die anker aan vas te lê). Die tou word om die „karveelnagel” geslaan, sodat hy nie kan afglip nie. Vgl. in hierdie selfde betekenis die Eng. seemansterm „linch-pin”. 

51 Eén mutsje = 1⁄10 van ’n pint. 

52 Wag van middernag tot vieruur. 

53 Die onderste ra-seil van die voorste mas, of fokmas. 

54 Geien = die seile met toue inkort om die windvang te verminder. 

55 Ses glase, of ses sandlopers, waarvan die uitloop ’n halfuur elk geduur het. Dit beteken dus om drie-uur snags. 

56 Vieren = die tou laat uitloop. 

57 Ree vir ra

58 Beetingh = sterk yster- of houttoestel in die vorm van ’n galg, waaraan die kettings of kabels vasgelê word ná die uitwerp van die anker. 

59 ’n Samestel van toue en katrolle wat gebruik word om groot gewigte op te tel. 

60 Half-deck = die een helfte van die s.g. koebrugsdek, d.i. die onderste dek van die skip. 

61 Die verblyfplaas van stuurmanne en laer offisiere. 

62 ’n Sterk seildoek wat oor die dek gespan word („awning”). 

63 Houtblokke, of weerhake, waarin ’n mas of ’n skuit vasgesit word. 

64 Twede kanonnier of assistent van die konstabel, die opsigter van die geskut. 

65 Die bandiete van Robbeneiland. Die skipbreuk het inderdaad plaasgevind op die westelike hoek van daardie eiland (sien Uitgaande brieven, Kaapse argief, No. 757, 9 Febr. 1694).