Daardie nag in Jones-Sond, nadat ons die walrusse gekry het, was baie pragtig. Die groot volmaan het geskyn terwyl die sonsondergang roos- en goudkleurig was. Die son het daardie aand regtig ondergegaan, hoewel dit natuurlik heeltemal lig gebly het. Dit was die eerste maal na ’n lang tyd dat ons die maan gesien het. Die maan en die sonsondergang was albei die hele nag sigbaar, weerkaats deur ’n dun laag silwerige, pas-gevormde ys.
Ek en Pa het die hele nag opgebly. Pa het ’n gebaarde seehond op ’n ysskol geskiet. Dit was regtig ’n goeie skoot, mooi deur die kop. Ralph het toe op die ysskol gegaan en ’n riem [137]om die seehond gesit, en ons het hom toe met die takel vir die platboom-skuite aan boord gehys, en daarna is ons weer weg. Kort daarna sien ons weer ’n grote op ’n ysskol en Pa probeer om hom van veraf te skiet, maar dit was mis, daar hy te hoog gevat het. Die twede skoot was raak, maar die seeleeu het nog afgeseil en kort daarna bo die water verskyn. Dan en Pa het in ’n skuitjie uitgegaan om hom te probeer kry, maar elke slag as hulle naby hom kom, raak hy weg en kom op ’n ander plek weer uit. Dit was hopeloos om hom te skiet, tensy hulle naby genoeg kon kom om een van die seehond-hake in hom te steek, anders sou hy tog maar sink.
Na ’n ruk het hulle maar opgegee en omgedraai. Toe verskyn daar drie seehonde naby hulle, wat hul koppe uit die water steek om te sien wat dit alles beteken. Maar hulle het so gou weer weggeduik dat ons nie kon skiet nie.
Die nuwe ys het vinnig gevorm en die barometer was aan dale, dus het ons begin [138]padgee na die mond van die sond, daar kapt. Bob wou uitkom eer daar gevaar was vir moeilikheid met die ys ingeval ons ’n storm kry. As dit vroeër in die seisoen gewees het, sou ons graag in Jones-Sond gebly het, want daar was bepaald baie wild.
Genoeg Eende vir ’n paar lekker Maaltye
Ons het gedurig opgelet, maar het niks meer gesien nie. Ons het nou ooswaarts geseil, al langs die kant van groot plate dryfys, dit wil sê drywende skolle waarvan sommige maar net ’n paar tree in die vierkant was, terwyl ander weer honderd voet of meer was, of bestaan het uit ’n aantal skolle wat deur nuwe ys aanmekaar vasgevries was. Mens kon amper die nuwe ys sien ontstaan. Die termometer het omtrent op 25 graad of minder gestaan. Klein kristalle het in die stil water saamgesmelt en ’n dun laag gomelastiekagtige ys gevorm. As die skip so deur die ys gaan, het die oppervlakte taamlik vas aanmekaar gehou. As die boeg kabbelings veroorsaak, dan wiegel die ys so, en ’n taamlike drukking was nodig om dit regtig te breek. [139]
Dit was omtrent vieruur in die oggend, en ek wou net gaan inkruip, want ek het koud gekry. Maar dit was die moeite werd om op te bly, want ek glo nie ek het al ooit iets gesien wat so mooi is soos die lig op die ys en die stil grys water, en die met sneeu bedekte berge en donker rotse en wit gletsers aan weerskante van die sond nie.
Dan was nog besig om sy walruskop skoon te maak. Pa was by die boeg, Ralph by die wiel en Jim op die uitkyk.
„Beer! Beer!” roep Ralph skielik met sagte stem.
Jim gee die teken om die motor aan te hou, en dadelik kom die kaptein boontoe wat onder ’n bietje gelê en slaap het nadat hy vier-en-twintig uur wakker gewees het.
Vanwaar ons was, kon mens niks meer van die beer sien nie as ’n klein gelerige kol daar ver, anderkant ’n groot ysskol. Ek het orders gekry om boontoe te klim en hom dop te hou, en te skreeu as hy in die water gaan. As ’n beer [140]in die water is, is dit taamlik maklik om hom te vang, want hy swem nie te vinnig daarvoor nie. Maar as hy eers die land bereik, het hy ’n goeie kans om weg te kom. Kapt. Bob was bang dat hy na die een kant oor die ysskol sou gaan, terwyl ons die ander kant omseil.
Die Morrissey het in alle geval om die ysskol geseil en het stilletjies tot omtrent dertig tree van hom genader. Die beer hou sy neus hoog in die lug en kom toe na die skip se kant toe en spring pragtig oor ’n strook nuwe ys. Dit het gelyk of hy niks bang was nie, maar net belang gestel het in die snaakse, nuwe ontsaglike dier wat hom kom hinder het.
Kapt. Bob wou seker maak dat ons die eerste beer kry, dus het hy ’n paar man gelyk laat skiet. Die geweers van Pa, Dan en Dok het gelyk afgegaan, en later het ons gesien dat elke skoot raak was en dat blykbaar elkeen ’n doodskoot was.
Jim en Ralph spring van die boegspriet op die ys en maak ’n tou om die dooie beer vas. [141]Hulle hys hom toe aan boord en bring hom na die voorpart van die dek, want die orige het vol gelê van die vleis, velle en koppe van die walrusse. Teen die tyd het die skip net morsig gelyk en baie nes ’n slaghuis. Maar daar die barometer aan dale was en dit gevoel het of ons sneeu kon verwag, het al die manskappe dadelik aan die werk gegaan en tot brekfistyd aangehou. Toe was alles so taamlik agtermekaar.
Ek moet sê dat ons nou ’n wonderlike verskeidenheid van vleis gehad het. Aan die takelwerk het harte en vleis van walrusse en beervleis gehang, en aan die hooftoue auks en murres1; dan was daar nog die heerlike vleis van seehonde. Die volgende dag middag het ons seehond-vleis geëet wat nie te gaar gekook was nie, en dit was regtig lekker. Ons het dus vir ’n tydjie lekker vleis gehad om te eet.
Billy het dadelik ook vir Pa en Rasmussen ’n [142]paar bottels beerolie uitgebraai. Dit is uitstekend vir skoene en ander leerwerk.
Terwyl ek nou van bere praat, moet ek nog vertel dat ek nou twee volledige uitrustings van Eskimoklere het. Die noordelike drag sluit nanoekies of ’n beervelbroek in. Nette het hulle aan boord gemaak van ’n stuk van ’n vel wat dr. Rasmussen vir Pa gegee het. Toe ons in Karna oorgebly het, het die Eskimo-vrouens die vel met hul tande gebrei totdat dit heeltemal sag was en maklik om te bewerk. Dan het ek nog stewels van seehond-vel met die bont van konyntjies aan die binnekant en ’n netsja of baadjie met ’n hoofdeksel daaraan. Hierdie noordelike uitrusting is besonder warm en lekker om te dra.
Hierdie beer van ons, sê hulle, was vier jaar oud. Hy was sewe voet vier duim lank, en hulle het sy gewig op byna ses honderd pond geskat. Later het Fred die vel en die kop bewerk sodat dit kon saamgevat en ’n vloermat daarvan gemaak word. Ek het die kopbeen skoongemaak, [143]en dit was net moeilik om al die vleis daarvan af te kry.
So het ’n regtig heerlike dag op ’n taamlik opwindende manier geëindig. Ons was net oor een ding spyt, naamlik dat dit so vroeg in die oggend—of liewer so laat in die nag—te donker was om kiekies van die beer te neem. Ons het in alle geval binne omtrent agt ure ’n walrus en ’n gebaarde seehond gekry en, beste van alles, „Nanoek”, die beer.
Die grappigste van die hele spul was dat Pa net die nag vantevore ’n radiogram aan Ma gestuur het dat ons hoop om spoedig ’n ysbeer op een van die ysblokke te kry en dat die vel bestem was vir ’n vloermat vir my broertjie June waarop hy in die winter voor die vuur kon speel.
Ons kry toe so kort daarna die beer en die vloermat vir klein June. [144]