WeRead Powered by ReaderPub
Iets oor die Boesmankultuur / 'n Lesing gehou voor die Suid-Afrikaanse Akademie op Stellenbosch, Januarie 1920, en gedruk op las van die Akademie cover

Iets oor die Boesmankultuur / 'n Lesing gehou voor die Suid-Afrikaanse Akademie op Stellenbosch, Januarie 1920, en gedruk op las van die Akademie

Chapter 23: VERHOUDING TUSSEN BOESMANS EN HUL BURE.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

The author offers a preliminary ethnographic report on Bushman culture, synthesizing travellers' accounts and archaeological evidence—notably rock art—to consider origins and antiquity. The lecture systematically surveys subsistence, social organization, customs, personal names, intergroup relations, moral judgments, and the effects of contact and decline, while outlining language, geographic knowledge, sciences such as medicine and botany, and expressive practices including music, dance, poetry, and visual art. The treatment is observational and tentative, aims to correct misconceptions in the published record, and calls for further, more detailed research.

VERHOUDING TUSSEN BOESMANS EN HUL BURE.

Onlangs is deur een van ons Afrikaanse staatsmanne die beginsel neergelê dat wat die ander rasse van jou dink, byna net so belangryk is as wat jy self is. Sonder om dié teks te bespreek, kan ons daarvan gebruik maak as ’n inleiding om vir die volgende indeling van ons onderwerp te dien: Wat was die verhouding tussen die Boesmans en hul bure? Wat het hul van mekaar gedink?

Fig. XI.

BOESMANS-TEKENS.

a. van grot boomkwekery Ladybrand; b. en e., van plaas Brightside, Ladybrand, nagemaak deur die skrywer. Die ander is uit verskillende gepubliseerde werke.

Sien bds. 73.

Die Boesman het die Blanke beskou as ’n gevaarlike, magtige, wrede vyand wat sy land wou steel, en hom ’n slaaf maak, of vermoor. Die Blanke, soos ons alreeds gesien het, het hom aangesien vir iets wat nie heeltemal mens is nie, ’n vuil, lastige pes wat nie vir hom wou kom werk nie, maar gedurig sy vee wou steel. Die ander inboorlinge het almal die Boesman geminag—soos die Blanke het hulle ook gemeen dat die Boesman nie mens is nie, en dit is duidelik te bespeur in hul “folklore” en hul bygelofies. Renshaw byvoorbeeld in 1821 vertel dat onder die Kaffers ’n mens eers ’n leeu of ’n Boesman moet gedood het voordat hy seker poste kan beklee, terwyl die folklore praat van die eerste man wat gekom het toe daar maar net Boesmans en diere op die aarde was. Die name wat die meeste Bantoe-stamme vir die Boesman het is Abatwa of Abatua—d.w.s. dwergies. Ook tref ons die woord Wak-Wak—d.w.s. die mense wat soos bobejane praat (vergelyk Barbatos). Die Sesoetoe-woord het ons alreeds gehad—Baroa, die mense van die Suide. Die Soeloe-name beteken olifant-jagters en aardmannetjies, maar saam met die minagting bestaan daar ook ’n vrees vir die geheimsinnige dwergies wat hulle nie heeltemal kan verstaan nie. By waterwys, en vuurmaak met die vuurstokkies, kan die Bantoe nie met die Boesman konkureer nie. So ook met die gifpyle; die Bantoe probeer ook gif maak, maar het nooit dieselfde vertroue in sy eie preparaat nie, sê Fritsch, terwyl Lichtenstein se Betjoeanas die gifpyle van Boesmans wat hulle optel, bêre. Soos ons alreeds gesien het, het hulle kaptein ook eenkeer ’n Boesman-dokter geraadpleeg. As die slot van hierdie indeling kom goed te pas ’n vertaling van die inleiding tot ’n artiekel oor Boesman-skilderye deur Rev. T. W. Green. Hy sê:

“Die naam waaronder die skilderye onder die Kaffers gaan is o datiwe ba Batwa—, Skeppinge van die Batwa (Boesmans). Dit is merkwaardig dat die voorsetsel o persoonlik is, en neem aan die persoonlike vorm van die twede naamval van die woordjie ba (van): asof die inboorling se gees deur bewondering of eerbied aangetas is.”