En getrouheid ook aan die werk wat begin is. Wat die Boesman aanvaar, gaan hy mee entuit. Geduld het die Boesman in oorvloed gehad. Die ’kibie, en die vanggate is daarvan genoeg getuienis, maar daar is baie feite wat almal ’n bewys lewer van dié deug. Geduld en ywer het die Boesman uitgeoefen—die lui niksnuts soos ons te lief is om hom te beskrywe! ’n Man wat ’n haas of ’n springbok kan inja, is nie lui nie! In die warm son ja hulle die wild tot een van die twee flou val. ’n Muil, sê hulle, kan jy nie doodwerk nie, want hy besit nie moed of trotsheid nie, maar ’n perd kan jy aanja tot hy in die tuie doodval. En die Boesman dryf homself tot hy inmekaarsak, en as sy maters hom nie kom help nie, sal hy daar sterwe.
PLAAT A.
Ou rotsskilderinge van Altamira, na Abbe Breuil.