WeRead Powered by ReaderPub
Iets oor die Boesmankultuur / 'n Lesing gehou voor die Suid-Afrikaanse Akademie op Stellenbosch, Januarie 1920, en gedruk op las van die Akademie cover

Iets oor die Boesmankultuur / 'n Lesing gehou voor die Suid-Afrikaanse Akademie op Stellenbosch, Januarie 1920, en gedruk op las van die Akademie

Chapter 11: KINDERMOORD.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

The author offers a preliminary ethnographic report on Bushman culture, synthesizing travellers' accounts and archaeological evidence—notably rock art—to consider origins and antiquity. The lecture systematically surveys subsistence, social organization, customs, personal names, intergroup relations, moral judgments, and the effects of contact and decline, while outlining language, geographic knowledge, sciences such as medicine and botany, and expressive practices including music, dance, poetry, and visual art. The treatment is observational and tentative, aims to correct misconceptions in the published record, and calls for further, more detailed research.

KINDERMOORD.

Kindermoord by hulle was ook niks kwaads nie—’n mismaakte of abnormale kind word vermoor; as die moeder sterwe voordat die kind gespeen is, moet hy dood. Selfs ouer kinders word in die graf van hul moeder begrawe. Campbell vertel hoe Adam Kok twee Boesmanmeidjies, van tien, en twee-en-’n-half jaar, gered het van hulle ouma wat hulle lewendig in hul moeder se graf wou begrawe. Toe sy haar sin nie kon kry nie dreig sy om hulle te vermoor. Ja, die lewe van ’n kind was maar onseker onder die Boesmans in die ou dae, miskien nog meer onseker as die lewe van die Boesman se hond, die enigste dier wat hy ooit makgemaak het—sy enigste lewende hawe.

As ’n man sy vrou verlaat, vermoor sy die kinders. As twee mans rusie maak, vermoor die verlieser ’n kind of wat van die oorwinnaar om die skuld te vereffen!

Fig. III.

A., Rotstekening in Tibesti, 450 myl suid van Murzuk, (na Ratzell en Nachtigal).

B., Boesmantekening, (na Tongue).

Fig. II en III wys ooreenkoms tussen Noord- en Suid-Afrikaanse primitiewe kuns.

(Sien bds. 12).

En hul oumense het ook maar swaar gekry. As hulle in ’n geveg met man of dier hul doodhou kry, kan hul vir hul maar gelukkig ag; want anders breek die dag so seker wanneer die ou grysaard uitgesleep word om vir wolwekos te dien, of wanneer hy met ’n klein rantsoen agtergelaat word as die span moet trek. Dieselfde noodlot tref hul tog. Mans, ja selfs vrouens sleep op hierdie manier hul moeders uit die grot uit na die kaal veld, en kom terug net so kalm as wanneer hulle van die fontein met ’n volstruiseierdop vol water terugkom.