UITROEIING VAN DIE BOESMAN.

En hoe is hulle uitgesterwe? Uitgeroei deur die koeël van die Blanke! Die geskiedenis van daardie moord is nie plesierig vir ons Blankes om te lees nie, noudat ons nie die skade wat die mense veroorsaak het, kan voel nie. Gruweldade was daar in oorvloed! Die Blankes het maar hier te werk gegaan soos in Australië en ander lande waar Europeane ’n lae ras kleurlinge tref, ja, soos hul twee- of drie-en-twintig jaar gelede weer in die Langberg gedoen het. Ons kan maar herhaal wat Mark Twain, in sy ligsinnig geuite, maar raak en fyn-uitgedagte sinne geskrywe het in sy skets van die verhouding tussen die eerste Australiese Koloniste en die inboorling:

“More promising materials for a tragedy could not have been gathered together.”

En soos dit in Australië ’n treurspel afgegee het, het dit hier ook maar ’n treurspel afgegee. Vir ons doel is dit gelukkig onnodig om in besonderhede in te gaan. Dit is politieke en nie kultuurgeskiedenis nie, en ’n donker geskiedenis met maar weinig ligstrale daarin; maar daar dit tog die uitwerking is van ’n stryd tussen die kultuur en beskawing van die Blanke teen die beskawing en kultuur van die Sonqua, om hom sy deftige naam te gee, sal dit miskien toepaslik wees om twee uittreksels te gee uit die werke van twee Engelse skrywers voordat ons die gordyn laat sak op hierdie onaangename tonele in die geskiedenis van ons land.

“Is it not the fate of the savage and uncivilized on this earth to give way to the more cunning and the better informed, to knowledge and civilization? It is the order of the world and the right one: nor will all the lamentations of a mawkish philanthropy, with its more absurd or censurable efforts, avail one jot against an order of things as wise as it is assuredly established.”—[Sir John Ross—Narative of a voyage in search of a Northwest Passage—1835, bds. 257.]

Sprekende oor die uitroei van die Tasmaniërs, sê Sollas in “Ancient Hunters and their modern Representatives”:

“It is a sad story, and we can only hope that the replacement of a people with a cranial capacity of only about 1200 c.c., by one with a capacity of nearly one-third greater may prove ultimately of advantage in the evolution of mankind.”

Fig. IV.

Fig. IV.

a tot c—Australiese kuns, (na Sollas).

d tot g—Tekeninge van Eskimo’s (na Breuil).

Fig. IV en V wys die verskil tussen die kuns van Afrikaanse “natuur volke” en die van ander lande.