WeRead Powered by ReaderPub
Dawid se reis na Groenland cover

Dawid se reis na Groenland

Chapter 4: AFBEELDINGE.
Open in WeRead

Explore more books like this:

About This Book

The narrative recounts a young traveler's Arctic expedition to collect natural specimens and observe polar environments, describing the sea voyage through straits, arrival along Greenland's coast, stops at island settlements, a shipwreck and repairs, hunts for walrus and narwhal, encounters with local Arctic communities including an artist who produces drawings, observations of wildlife such as polar bears, and daily life aboard ship. Practical lessons in seamanship and natural history are interwoven with field sketches and specimen collecting, and the author reflects on personal growth through adventurous fieldwork and contact with remote landscapes and peoples.

The Project Gutenberg eBook of Dawid se reis na Groenland

This ebook is for the use of anyone anywhere in the United States and most other parts of the world at no cost and with almost no restrictions whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms of the Project Gutenberg License included with this ebook or online at www.gutenberg.org. If you are not located in the United States, you will have to check the laws of the country where you are located before using this eBook.

Title: Dawid se reis na Groenland

Author: David Binney Putnam

Author of introduction, etc.: Bob Bartlett

Illustrator: Kakutia

Translator: O. G. P. Grosskopf

Release date: September 29, 2025 [eBook #76953]

Language: Afrikaans

Original publication: Pretoria: J.L. van Schaik, Beperk, 1928

Credits: Jeroen Hellingman and the Online Distributed Proofreading Team at https://www.pgdp.net/ for Project Gutenberg

*** START OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK DAWID SE REIS NA GROENLAND ***
[Inhoud]

[Inhoud]

DAWID SE REIS NA GROENLAND

DAWID SE REIS NA GROENLAND

UITGEWERS:
J. L. VAN SCHAIK, BEPERK, PRETORIA
1928

[5]

[Inhoud]

AAN
MY BESTE VRIENDIN
wat eintlik na Groenland behoort te gegaan het,
MY MOEDER

[Inhoud]

[VII]

[Inhoud]

VOORWOORD.

Dawid het my versoek om ’n voorwoord te skryf vir sy boek waaraan ek hom die laaste drie maande sien werk het. Gister het ek die manuskrip gelees wat toe net afgetik is van die noukeurig met potlood geskrewe bladsye van die seun.

Onder die lees het ek meer as ooit besef hoe gelukkig Dawid was dat hy eers verlede jaar met Oom Will (Dr. Beele) sover as die Galàpagos-Eilande wat op die Ewenaar geleë is, kon saamgaan, en nou weer na Noord-Groenland.

Ek moet beken dat ek eers besware gehad het by die gedagte dat so’n jong seun sou saamgaan. Hoewel dit maar net ’n somerreis was, [VIII]kan ’n mens tog in die Noordpoolstreek enigiets te wagte wees, en loop mens gedurig gevaar om ’n taamlik slegte tyd te hê—swaar, in alle geval, vir ’n seun. Maar nou dat die ekspediesie sy end nader (en gedeeltelik was dit baie vermoeiend), moet ek erken dat my besware ongegrond was.

Dawid is ’n doring wat regtig weet hoe om deur te druk. Elkeen wat sy gawe verhaal lees, sal dit geredelik toegee. Van begin tot end het ek hom goed dopgehou, en hy het uitstekend daarin geslaag om alles—en selfs meer—uit te voer wat enigeen van hom kon verwag.

En Dawid is tog nog maar ’n seun. Hy het op die Beebe-ekspediesie, maar ook op hierdie een baie geleer wat diep in sy jong siel sal indring. Ek is daar verseker van dat hy in die komende jare veel sal maai van wat hy gesaai het en wat deur ander vir hom gesaai is. Die skool is bepaald ’n goeie instelling en behoort nommer een te staan. Maar dit lyk vir my stellig die ideale opvoeding om—as die geleentheid [IX]daartoe hom voordoen—ondervindinge van hierdie aard met „boekgeleerdheid” te verbind.

Ek het iemand die aanmerking hoor maak dat die arme kêreltjie g’n ware seunslewe het nie. Enigeen wat onder die indruk verkeer, ken eenvoudig vir Dawid nie. Hulle het hom nie, soos ek, met seuns van sy eie jare, óf tuis met sy maats op die voetbalveld, of met die jong Eskimo’s op die „Morrissey” en aan wal in Groenland gesien nie.

Dawid is nog maar ’n seun, maar ’n seun met taamlik rype ervaring. Hy is nie ’n model-seun nie; hy is dood-eenvoudig ’n S-E-U-N! En hy sal nog lang jare jonk bly met ’n jong hart en die onbedorwe varsheid en vrolikheid van die jeug. En vir my wat in my swerwende lewe nog nie baie jong seuns om my gehad het nie, was dit ’n ware genot om Dawid by my te hê.

Ek wonder of baie seuns wat hierdie eenvoudige verhaal van Dawid met al sy interessante voorvalle lees, nie jaloers sal word nie. [X]Ek is seker ek sou as ek die oorlosie ’n groter aantal jare kon terugsit as waaraan ’n mens graag wil dink. Watter jong kêrel sou nie graag drieduisend myl van sy huis gaan jag en walrusse, ysbere, narwalle en wat dies meer sy, sien nie?

Dit is die ware doel van hierdie boek.—Verstaan my goed, nie om ander minder gelukkige seuns ontevrede te maak met hul lot nie; maar om hulle bloed warm te maak en hulle te laat besef dat daar nog baie dinge anderkant die rantjies is. Om so wakker geskud te word, kan hulle g’n kwaad doen nie. Dis ’n goeie versterkingsmiddel vir jong seuns, wat hulle jeug verkwansel en ’n slegte begin maak deur in outo’s en by danse en klubs en dergelike dinge meer rond te flenter in plaas van in die buitelug te gaan waar hulle vuil hande kan kry, en hulle spiere gehard kan word en die verstand gesuiwer deur eerlike ondervindinge op see en in verre lande.

Ek hoop dat die seuns (en hulle Vaders ook) [XI]wat in hierdie boek saam met Dawid die weg na Groenland volg, besiel sal word met die gees van Dawid, en self Ultima Thules sal vind wat die moeite werd is.

Robert A. Bartlett.